Karoo Suite

Karoo Suite

23/02/2019
8:15 pm - 10:00 pm

Price: R250

Book via iTickets

Book via Computicket

Coenie de Villiers en Deon Meyer saam op die verhoog! ’n Musieksuite vir woord en lied, struktureel geskoei op Vivaldi se Vier Seisoene. Dit is wel nie seisoene wat Deon Meyer in sy wonderskone teks belig nie: dis die mense, die stories en die persoonlikheid van die Karoo. De Villiers het die musiek gekomponeer en die internasionaal-bekende skrywer, Deon Meyer, stel sy talent ten toon buite die spanningsgenre. Die bykomende lekkerte is Meyer se asemrowende fotografie en visuele materiaal wat ’n agtergrondtafereel vir dié multimedia-viering van woord, beeld en musiek skep.

’n Optog!-produksie in samewerking met King Price Insurance. http://www.optog.co.za/