MESSENGER: DIE NUWE VERTONING DEUR NATANIËL

MESSENGER: DIE NUWE VERTONING DEUR NATANIËL

13/12/2018
8:15 pm - 10:00 pm

Price: R250

Book

DIE NUWE VERTONING DEUR NATANIËL

’n Teken, ’n boodskap, ’n vermoede, ’n spreekwoord, ’n skok, ’n onhulling, dis hoe lewens verander word, ten goede of ten duurste. Van die vroegste wonderwerke, legendes en mites tot die nuutste uitvindsels of internetvullis, die grootste deel van die mensdom leef oorweldig deur vrese, giere, moegheid of histerie.

In ’n tyd van die jaar wat tradisioneel geassosieer word met feesvier en inspirasie, bekyk Nataniël hierdie sosiale verskynsel wat beide verlam, verras en vernuwe.

MESSENGER is ’n versameling nuwe verhale, in Engels en Afrikaans, oorspronklike komposisies, ook tydlose musiek voorheen gesing deur kunstenaars soos Tom Jones, Amy Winehouse en B.B. King, ook ’n asemrowende garderobe uit die werkswinkel van ontwerper Floris Louw. Skreeusnaaks, fantasties, nostalgies, spinternuut, ’n fees vir die fynproewer!

Boeks, cds, leefstylprodukte, al jou Kers-inkopies in die foyer!